BlueTube

Bittereinder - DIE BERGE BRAND

Shot and cut by Louis Minnaar. Assistance by Christo Niemandt. Animation by Albino Creations. iTunes: https://itunes.apple.com/za/album/dans-tot-die-dood/id1038372518 http://www.bittereinder.com/ die berge brand / smeulende groet ek is die land / vaarwel my bloed rookwolk en sand sweef bittersoet ek is die land, en die wolk, en die bloed vaar op ‘n seilskip, waar is die spreilig? bewaar ons tog veilig, daar is nog heilige dinge in die oop see, kranse wat hoop gee binne in die hartseer, kanse vir oor probeer kalm in die volmaan, ballings op die oseaan talm in die wentelbaan, darem het ons roeispane vir die windstilte, maar die moeilikste rigting om te vind is nou weg van die kuslig, moeg en versigtig mik ons vir mistige wolke wat hopelik ons vlug kan bedek maar dis gek hoe die land ons heeltyd terug trek golwe wat uitrek, branders wat wyd strek hande wat magneetvelde skep blok nou ons stroom soos ‘n slagaarklep brandende gesigseinder stem: “hoe sal jy jou sonder my herken?” die berge brand / smeulende groet ek is die land / vaarwel my bloed rookwolk en sand sweef bittersoet ek is die land, en die wolk, en die bloed afskeid word fisies onmoontlik ankers wat heeltyd die boot ruk agter die skip skroei die aarde voor ons lĂȘ wroegende waters hoor jy die sirenelied stilletjies vanuit die vlamme? sien jy die sterre wat skiet oor woude, riviere en damme? steek maar die skip aan die brand hy- hygend lĂȘ ons op die strand my- my vingers delf in die sand wy- wyd is die mond van die land sluk ons maar lewendig in in in in in in hoe sou ons weer kon begin in in in in in? ons slaap vanaand in die oop hand van hierdie land, die dood-land

Top Bluesky Posts

  • Have you heard this awesome song form the South African rap/electro band Bittereinder? It's sung in Afrikaans. It has an incredible rhythm and the lyrics are really cool "I am the land, and the cloud, and the blood sailing on a sailing ship, where is the spotlight?" www.youtube.com/watch?v=k_U2...

You may also like

  • Marianne Faithfull -- The Ballad Of Lucy Jordan HD

  • Carlos Santana - Bella

  • Broken English

Powered by

(but not affiliated with)

Bluesky
YouTube

Created by mjd.dev